Gateway to the Breede Valley

Voetpaadjies Groot Verbetering

September 20, 2018

VOETPAADJIES GROOT VERBETERING

Die Breedevallei Munisipaliteit het in hierdie jaar voetpaadjies met ’n teer oppervlak (in totaal 3376 m) in Roodewal, Riverview en Avianpark teen ’n koste van R4, 465 miljoen aangebring. Die voetpaadjies is deel van die Munisipaliteit se RSEP program vir veiliger woonbuurte. In die betrokke areas hoef die publiek, veral kinders, nou nie meer gedurende wintermaande in die modder of in die padoppervlak (om die modder te vermy) te loop nie. Voetgangers kan nou met minder moeite onder veiliger en aangenamer omstandighede hul bestemmings bereik. Skoene en klere bly ook langer skoon en hou langer. Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit het ook gedurende hierdie tyd voetpaadjies en spoedkalmering by skole aangebring wat lewensomstandighede verbeter het.
Die Breedevallei is ’n omgee gemeenskap. Bestuur asseblief ekstra versigtig in die omgewing van skole in ons vier dorpe en landelike areas. 

    Last modified: July 3, 2019

    Comments are closed.