Gateway to the Breede Valley

BURGEMEESTERS-BEURSFONDS 2026

November 10, 2025

SLUITINGSDATUM: 8 Desember 2025 om 14:00

Die Breedevallei Munisipaliteit nooi verdienstelike studente om deel te neem aan die Burgemeestersbeursfonds. Die finansiële ondersteuning uit die beursfonds is slegs ’n bydrae tot die algehele studiekoste. Aansoekers moet binne die regsgebied van die Breedevallei Munisipaliteit woonagtig wees (Rawsonville, Worcester, De Doorns
en Touwsrivier) en moet ons visie van ‘n Unieke en sorgsame vallei van uitnemende dienslewering, geleenthede en groei, steun en onderskryf.

Deur die skep van die Burgemeesters-beursfonds, gee ons beslag aan die visie van die
Breedevallei Munisipaliteit GOP deurdat ons die ontwikkeling van menslike hulpbronne aanspreek met spesifieke fokus op die jeug. Studente wat NSFAS beurse ontvang mag nie aansoek doen nie. Studierigtings wat verband hou met plaaslike regering sal voorkeur geniet.

Aansoeke, ingedien op die voorgeskrewe aansoekvorm wat verkrygbaar is op BVM se webwerf asook by die munisipale kantore en biblioteke (Rawsonville, Worcester, De Doorns, Touwsrivier), MOET alle inligting en dokumentasie bevat wat vereis word. Let asb. sorgvuldig op die vereistes en voorwaardes soos vervat in bylaag A tot die aansoekvorm.

Neem asseblief kennis dat die beurs nie al die koste van die studiejaar sal dek nie
maar slegs help met registrasie-gelde.

Voltooide aansoekvorms moet gepos word aan:
Die bestuurder: menslike hulpbronne, Privaatsak X3046, Worcester, 6849 of kan ingehandig word by die menslike hulpbronne-kantoor, Baringstraat 53 B, Worcester.

Navrae oor die beurs kan gerig word aan:
Sisanda Qashosho (023 348 4983) of
O’Ryan Wilson (023 348 4985).

Die sluitingsdatum vir aansoeke is:
8 Desember 2025 om 14:00 EN GEEN LAAT AANSOEKE SAL OORWEEG WORD NIE.

VALS INLIGTING SAL LEI TOT DISKWALIFIKASIE EN DIE BREEDEVALLEI MUNISIPALITEIT KAN OOK EIS DAT ALLE GELDE WAT IN TERME VAN DIE BEURSFONDS NAMENS DIE AANSOEKER BETAAL IS, TERUGBETAAL WORD.

Mayoral Bursary 2026 – Ad November 2025

Mayoral Bursary Application Form 2026

Mayoral Bursary Annexure A 2026

 

    Last modified: November 17, 2025